Liggame van vier vermeende onwettige myners in Gauteng gevind
Die polisie in Gauteng het vier liggame op twee plekke gevind wat berug is vir onwettige mynbedrywighede. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê hulle het inligting opgevolg oor agt liggame wat na bewering in die Florida-gebied aan die Wes-Rand gesien is. Muridili sê hulle het die gebied deursoek en slegs een liggaam naby die Central Rand-goudmyn in Roodepoort opgespoor. Nog drie liggame met skietwonde is later in Mohlakeng gevind.