Mbumba, self ‘n kommersiële boer, kom onder skoot vir rooilynkommentaar
Die sogenaamde rooilyn is weer in die nuus met die aanmerkings deur president Nangolo Mbumba tydens sy staatsrede. Mbumba het self ‘n plaas van meer as 5 300 hektaar in Otjozondjupa.
Intussen het Kosmos 94.1 Nuus herhaaldelik met kenners gepraat oor die talle opsies om vleis noord van die rooilyn te verwerk, en so werkskepping te bewerkstellig… soos die kommentaar van die bekende landboukenner dr. Theo de Jager.
Die uitdaging met bek- en klouseer spruit uit die poreuse grens met Angola en wedersydse weiding van bees.