Sal ‘n nasionale redery in privaatbesit werk?
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het voorgestel dat die regering moet kyk na die stigting van ‘n nuwe nasionale lugredery wat deur ‘n konsortium van private beleggers gerugsteun kan word. Bisey Uirab, hoof uitvoerende beampte van die maatskappy, sê dit sal Namibië in staat stel om sy logistieke doelwitte te bereik. Hy sê so ‘n potensiële onderneming is meer lewensvatbaar as wanneer ‘n lugredery in 100% regeringsbesit is. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, ‘n navorser by Simonis Storm, oor die voorstel gesels.