Zim-profeet vas vir kinder-uitbuiting
Die leier van ‘n sekte in Zimbabwe is van die uitbuiting van minderjariges aangekla nadat die polisie gesê het honderde kinders is by sy kerk se plaas mishandel. Die self-verklaarde profeet Ishmael Chokurongerwa, 56, is die week saam met sewe gemeentelede in hegtenis geneem. Die polisie sê dat 251 minderjariges gevind is op ‘n plaas wat deur Chokurongerwa buite Harare bestuur word. Die mag sê die kinders is gebruik om verskeie fisieke aktiwiteite uit te voer tot voordeel van die sekte se leierskap. Hulle het nie skool toe gegaan nie en slegs vyf uit 251 het geboortesertifikate gehad.