Herdenk vandag Wêreld-slaapdag
Vandag is Wêreld-slaapdag, wat fokus op die belangrikheid van goeie gehalte slaap vir die algehele welstand van mense. Vanjaar se tema is Gebalanseerde Slaap vir Wêreldgesondheid. Volgens die Amerikaanse Slaapvereniging ly meer as 50- tot 70-miljoen mense aan een of ander soort slaapversteuring. Die Wêreldslaapvereniging sê mense word aangemoedig om na hul slaappatrone te kyk en gepaste veranderinge aan te bring om te rus. Die vereniging sê dit kan die opstel van ‘n nuwe slaapprogram en ‘n paar ontspanningsoefeninge voor slaaptyd insluit.