Schumer sê Bibi moet waai
Die meerderheidsleier in die Amerikaanse senaat, Chuck Schumer, het ʼn beroep op Israel gedoen om ʼn nuwe verkiesing te hou. Hy sê dis die enigste manier wat ʼn gesonde en oop besluitnemingsproses oor die land se toekoms sal toelaat. Dit volg na Amerika onlangs sy frustrasie uitgespreek het met Israel se benadering tot die oorlog met Hamas. Schumer sê eerste minister Benjamin Netanyahu is op die verkeerde koers deur toe te laat dat sy politieke oorlewing voorkeur kry bo Israel se beste belang: