Omusati-polisie het kommer oor verkragtings

Die Omusati-polisie het 133 gevalle van verkragting sedert Januarie verlede jaar aangemeld. Tot op hede is 13 gevalle vanjaar bevestig. Kommissaris Ismael Basson, die bevelvoerder in die streek, het die onlangse gevalle van twee pastore wat van verkragting aangekla is uitgelig en sê dit wek groot kommer. Volgens Basson word gevalle nie aangemeld nie – weens verskeie redes – en die mag se hande is dan afgekap. Hy het ‘n beroep op slagoffers en familielede gedoen om so vinnig as moontlik sake aan te meld, ook omdat forensiese bewysstukke dan nog bewaar kan word.