Rooi, geel, groen… en wit? Studie beweer die toevoeging van ‘n vierde verkeersligkleur kan opeenhopings iets van die verlede maak

Verkeersknope steel daagliks ons tyd. Maar die dae van stilstaan in spitstyd kan dalk iets van die verlede wees as stede ‘n vierde kleur by hul verkeersligte byvoeg.

Navorsers van North Carolina State University, beweer dat vertragings by verkeersligte met meer as 25 persent verminder kan word deur ‘n ‘wit’ lig by te voeg.

In plaas daarvan om bloot te stop of te ry, sal hierdie lig met elektriese voertuie komunikeer en menslike bestuurders toelaat om eenvoudig die motor voor hul te volg.

Aangesien elektriese voertuie met mekaar en die verkeersinfrastruktuur kan kommunikeer, behoort hulle in staat te wees om saam te werk om die doeltreffendste verkeersvloei te skep.

Elektriese voertuie is egter ‘n redelike nuwe konsep, wat beteken dat ‘n groot aantal voertuie vir die afsienbare toekoms deur mense bestuur sal word.

Net om te dink aan nog ‘n verkeerslig maak my klaar deurmekaar. Het jy al oorweeg om ‘n elektriese voertuig te koop?

Foto: Verskaf