SA en Zim onderteken water-ooreenkoms
Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, en sy Zimbabwiese eweknie, minister Anxious Jongwe Masuka, het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken vir die oordrag van behandelde water van die Beitbrug-waterbehandelingsaanleg na Musina in Limpopo. Die direkteur-generaal, Sean Phillips, sê die bilaterale ooreenkoms sal ongeveer 15-miljoen kubieke meter per jaar aan die gebied verskaf. Meer as 132-duisend inwoners in 192 dorpies sal daaruit voordeel trek, met verskeie sosio-ekonomiese bedrywighede wat ondersteun sal word: