Skoolskieter se pa skuldig aan manslag

Die pa van ʼn tiener wat in November 2021 vier leerders by ʼn Michigan-hoërskool doodgeskiet het, is aan onwillekeurige manslag skuldig bevind. Die 15-jarige Ethan Crumbley het ʼn vuurwapen by sy huis gevat en leerders by die Oxford Hoërskool doodgeskiet. Tydens die pa, James Crumbley, se verhoor het aanklaers bewys die wapen was nie veilig gebêre by die huis nie. Sy vrou, Jennifer, word volgende maand gevonnis nadat sy op dieselfde aanklagte skuldig bevind is. Die Crumbleys is die eerste Amerikaans ouers wat op hierdie wyse vervolg word.