Mbumba sê Unam se gr-11 besluit is onaanvaarbaar

Tydens die vraag-en-antwoordsessie ná President Nangolo Mbumba se staatsrede in die Nasionale Vergadering, het Paulus Mbangu, ‘n onafhanklike kandidaat, die kwessie van Unam se toelatingsvereistes geopper. Unam het vroeër die jaar aangekondig dat hulle nie leerders sal aanvaar wat pas hul graad 11 voltooi het en nie AS-vlakke voltooi het nie.

Mbumba het saamgestem dat Unam se besluit onaanvaarbaar is.