Trump sal op dokumente-saak verhoor word
ʼn Regter in Florida, Amerika, het een van oudpresident Donald Trump se mosies in sy saak oor die hantering van geklassifiseerde dokumente, verwerp. Sy prokureurs voer aan die strafregtelike klagte onder die Wet op Spioenasie, is onduidelik. Trump hou reeds lank vol hy het volgens die federale regering se klassifikasie-owerheid die reg gehad om die dokumente te hou tydens sy ampstermyn as president. Hy het op 40 strafregtelike klagtes in die saak onskuldig pleit. Regter Aileen Cannon sê dit sou ʼn buitengewone stap wees om in Trump se guns te beslis.