19% van meisies tussen 14 en 19 het kinders
Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê amper 43 persent van Namibiese kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 het gely onder geweld. Volgens die fonds het 9 persent aanlynteistering, en seksuele uitbuiting ervaar. Ongeveer 19 persent van meisies tussen 14 en 19 het reeds ‘n kind met 53,1 persent van die land se kinders wat in multi-dimensionele armoede leef.