Kabinet-beslissings sluit SADC-vuurwapen ooreenkoms in

Die inligtingsminister, Emma Theofelus, het die jongste kabinetsbesluite bekend gemaak. Goedkeuring is gegee vir die bekragtiging van die ooreenkoms wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se protokol oor die beheer van vuurwapens, ammunisie en ander verwante materiaal wysig. Dit is daarop gemik om die onwettige vervaardiging en gebruik van vuurwapens, ammunisie en verwante materiaal te voorkom, te bekamp en stop te sit. Inligtingsminister Emma Theofelus is aan die woord.