Mbumba prys Geingob in sy eerste staatsrede
President Nangolo Mbumba lewer sy eerste staatsrede. Hy het begin deur ‘n oomblik se stilte vir wyle president Hage Geingob te vra en toe gepraat oor Geingob se vernuf om beleggings in die land te verseker en maatskaplike sorg te verbreed.
Hy sê die volk kyk na die regering vir welvaart en maak staat op die nuwe beleggings in groen-waterstof en die olie- en gasbedrywe.