Hoë getalle jeug nie die probleem nie, beleid is

Die bevolking van Namibië sal teen die jaar 2050 meer as 6 miljoen tel as die huidige groei-tempo gehandhaaf word. Dit is volgens die voorlopige sensus-data, wat ook toon dat die jeug 70 persent van die bevolking uitmaak. Die kenner van Afrika-aangeleenthede, professor Nixon Kariithi, sê ‘n 70 persent jeug-bevolking is goed vir enige land. Daar moet egter beleide geformuleer word om die jeug te bemagtig.