Lauren Dickason: Gevangene of sielsieke?

Media in Nieu-Seeland berig dat Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse dokter van haar drie dogters in September 2021 vermoor het, op 26 Junie vanjaar gevonnis sal word. Die kwessie wat tans onder die loep is, is of sy as geestesgesondheidspasiënt of gevangene aangehou moet word. Volgens wat berig word sal daar ‘n vergadering op 20 Maart gehou word deur deskundiges om te bepaal watter kwessies aangespreek moet word. Sy is sedert haar skuldigbevinding in Augustus verlede jaar by die psigiatriese eenheid van die Hillmorton-hospitaal waar sy waargeneem word.