Meow. ‘n Vrou wat identifiseer as ‘n hond!

Die sosiale media-ster, wat haarself Meow noem, identifiseer as ‘n Dalmatian-hond en stroom gereeld op die spelplatform Twitch.

Sy sê sy slaap in ‘n krat, eet hondebederfies en het selfs ‘hanteerders’ wat na haar omsien.

Meow sê: “Ek het pastelkomberse en pastelkussings, en dit laat my veilig voel om in ‘n klein beperkte spasie te wees. Ek weet nie of dit my veilig laat voel van die wêreld, of my laat voel dat die wêreld veilig van my is nie, maar dit bring troos!

Toe Meow gevra is of sy in ‘n verhouding met iemand is, het sy gesê sy het nie ‘n kêrel nie, maar het vriendskappe met haar ‘hanteerders’.

Sy het verduidelik: “Ek het hanteerders. Soort van honde-afrigters. Hulle voer my, hulle neem my op staptogte, ons oefen, wat een van my gunsteling dinge is, want ek kry lekkernye.”

Die lekkernye wissel van menslike kos soos gesnipperde hoender of biltong, tot werklike hondebeskuitjies.

Sy het selfs onthul dat sy hondekos eet, maar sê sy voeg geursels by omdat dit “bietjie vaal” is.