Landdros sê oor CBI se Botha se vrylating op waarskuwing

CBI Exchange se Coenie Botha en sy vrou, Charlotte Murove het vanoggend voor landdros David Mukuyu in die Windhoek-laerhof verskyn. Hulle is aangekla van die oortreding van artikel 6 van die Wet op Bankinstellings. Sy prokureur Sisa Namandje het die landdros gevra om die twee op waarskuwing vry te laat en het in die hof teen die beheer-aanklaer Seredine Jacobs geargumenteer. Mukuyu sal môre sy uitspraak in die verband lewer en die twee bly nog in aanhouding. Botha is op Buitepos gearresteer. Die staat beweer hy het gepoog om die land te vlug maar hy sê hy was op pad om vriende in Suid-Afrika te besoek.