Ouditeur-generaal kry meer outonomie
Ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die finalisering van die Ouditeur-generaal-wet teen 2025 sal sy kantoor toelaat om onafhanklik van staatsinstellings op te tree, en dit ‘n sterker mandaat gee. Dit volg na ‘n beoordeling deur die Afrika Eweknie-Beoordelingsmeganisme, oor die kantoor se outonomie, wat gebrekkig bevind is. Die wet sal na verwagting die onvoldoende regulering van ouditfunksies by regeringskantore, ministeries en agentskappe aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels oor die belangrikheid van die komende wet.