Zim-sanksies het impak op Jan Alleman

Sanksies is deur die Amerikaanse regering ingestel teen Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa en ander senior amptenare oor hul beweerde betrokkenheid by korrupsie en menseregtevergrype. Die sanksies dek elf individue en drie instellings. Die Amerikaanse regering sê die gedrag van sommige van die magtigste mense en maatskappye in Zimbabwe kan vergelyk word met die grootste skenders van menseregte en korrupte persone ter wêreld. Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die impak op die mense van Zimbabwe.