Barbecue sê Haïti sal brand
Die Haïtiaanse bendeleier Jimmy Cherizier, bekend as Barbecue, het belowe om voort te gaan met geweld wat die land in chaos gedompel het, terwyl belanghebbendes werk om ‘n oorgangsbeheerliggaam te vestig om die uittredende premier te vervang. Bendes wat die grootste deel van die hoofstad Port-au-Prince beheer, het amper twee weke gelede ‘n gewapende veldtog geloods en gesê hulle wil premier Ariel Henry weg hê. Hnery het bedank maar nou sê Barbecue sy koalisie van gewapende groepe gee nie om oor Ariel Henry se bedanking nie.