Swakop se watervoorraad meer as genoeg: munisipaliteit
Die Swakopmund-munisipaliteit vra dat water uiters spaarsamig gebruik moet word, omdat die Orano-ontsoutingsaanleg afgeskakel is as gevolg van ‘n swael-uitbreking in die see. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, gesels wat sê inwoners hoef nie bekommerd te wees nie. Die watervoorraad is tans op 85 persent en dit sal die dorp vir langer as twee dae hou.