Fietsryer wen silwer by Afrika-spele

Namibië het sy sesde medalje by die Afrika-spele in Ghana gewen. Fietsryer Anri Krugel Greeff het die silwermedalje ontvang in die kriterium-resies vir vroue. Die wedren op ‘n 2,8km-baan in Accra is 20 keer deur die vroue-renjaers voltooi, vir ‘n totale afstand van 56km. Spanbestuurder Tauko Shilongo het gesê: “Ons het iets groots as ’n span bereik. ‘n Geweldige groep atlete, ons bring silwer huis toe. Baie geluk aan Anri Krugel. In die manswedren wag ons vir die amptelike uitslae. Ons het ‘n podiumplek gemis weens ‘n geringe botsing met Kevin Lowe. Maar hulle het uitstekend gejaag.”