Reënval sal effe verbeter in volgende drie maande
Die Namibiese Meteorologiese Diens berig dat die Kunenestreek die afgelope drie maande die enigste streek is wat bo normale reënval ontvang het. El Niño-toestande het begin verswak, maar sal voortgaan om die globale klimaat in die komende maande te beïnvloed. Die voorspelling vir Maart tot Mei dui op ondernormale reënvaltoestande oor die grootste deel van die land, behalwe oor die Zambezi-streek wat grootliks normale toestande kan verwag. Die Karas-, Hardap-, westelike Erongo- en ver-westelike Kunene-streke sal na verwagting in die tydperk reënval onder 40mm kry, terwyl die res van die binneland na verwagting meer as 60mm sal sien. Die hoogste hoeveelhede reënval, ongeveer 120mm, word oor die Zambezi-streek verwag.