Wat het van stadions se regmaak geword?


Die 2024/2025 begroting is tans onder die loep in die Nasionale Vergadering nadat finansminsiter Iipumbu Shiimi die wetgewing voorgelees het. Die United Democratic Front se Reggie Diergaardt het egter die vorige begroting onder die aandag van parlementslede gebring. Hy het gesê 37 miljoen Namibiese dollar was verlede jaar begroot om stadions op te knap, maar tot vandag toe is geen aandag daaraan geskenk nie.