Kenners se dodelike waarskuwing oor die neem van warm storte…

‘n Nuwe verslag onthul om ‘n warm stort te neem, beskadig jou vel en hare, bederf ‘n goeie nag se slaap en kan selfs jou dood veroorsaak. 

Volgens die verslag stroop ’n daaglikse vuurwarm stort jou hare en vel van natuurlike olies en lei tot droë, skilferige en jeukerige vel, bros, dowwe lokke en gesplete punte.

Dit kan moontlik ook toestande soos ekseem of psoriase aansienlik vererger. Die intense hitte vererger irritasie en ontsteking.

Foto: Getty

’n Te hoë watertemperatuur kan ekstra spanning op die hart plaas, met diegene wat reeds bestaande kardiovaskulêre toestande wat die grootste risiko loop. Die kombinasie van hartspanning en skielike dalings in bloeddruk verhoog die risiko aansienlik om flou te word.

Dit kan ook ‘n invloed op jou ​​slaap  patroon hê. Alhoewel ’n warm stort aanvanklik ontspanne kan voel, kan die gevolglike toename in liggaamstemperatuur inmeng met die liggaam se natuurlike verkoelingsproses, wat nodig is vir slaap. Wanneer jou liggaam gereed is vir slaap, stuur dit seine na jou brein, om jou liggaamstempratuur te verlaag. ‘n Warm stort voor slaaptyd kan hierdie proses vertraag, wat dit moeiliker maak om aan die slaap te raak.