Insekdoder met geel etiket is dodelik, en onwettig
Die landbou-ministerie rig weer ‘n ernstige waarskuwing aan die publiek oor die ongemagtigde verkoop van ‘n ongeregistreerde insekdoder, Dichlorvos, wat algemeen bekend is as Boam of Bloom insekdoder, met ‘n geel etiket. Die ministerie is bewus daarvan dat hierdie produk, wat onwettig is in Namibië, wel aanlyn deur kleinhandelaars en verkopers landwyd te koop aangebied word. Die ministerie waarsku nogmaals dat die produk nie binnenshuis gebruik moet word nie, aangesien dit gevaarlik vir die gesondheid is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landbou-ministerie se woordvoerder, Simon Nghipandulwa, wat sê die produk moet ook nie binnenshuis gestoor word nie.