VN kon voedsel vir 25 000 in Gaza aflewer

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê hy het Dinsdag genoeg kos vir 25 000 mense in Gaza-stad afgelewer. Dit was die eerste suksesvolle konvooi sedert die 20ste van verlede maand. Die agentskap het die aflewering van kos in Gaza opgeskort omdat konvooie onlangs onder volslae chaos, geweld en gewelddadige plundering deurgeloop het weens die ineenstorting van openbare orde. Meer as ʼn 100 Palestyne is verlede week dood toe skares op ʼn konvooi afgestorm het. Die VN-agentskap sê enige kos en ander noodhulp wat Gaza bereik, is dringend noodsaaklik.