Filipo saai verwoesting in Mosambiek

Die tropiese storm Filipo het oornag oor Mosambiek verder gewoed. Die stelsel, wat baie sterk winde en swaar neerslae saam met hom bring, beweeg in ‘n suidwaartse rigting en daar word verwag dat die stelsel oor die see sal beweeg. Errol Bowles, wat sowat 30 kilometer noord van Maputo woon, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar groot skade in die noordelike dele van die land is.