Parlement se program sê staatsrede is op 14 Maart
Die jaarlikse staatsrede sal volgens ‘n program van die Nasionale Vergadering môre op 14 Maart deur president Nangolo Mbumba gelewer word. Die aankondiging is nog nie deur die Presidensie gedoen nie maar, dit is op die parlement se program wat op 28 Februarie hersien is.