Kunene-goewerneur verwelkom ontsouting
’n Taakspan is saamgestel om die behoefte aan ontsoutingsaanlegte by dorpies in die Kunene-streek te ondersoek, om souterige ondergrondse water te suiwer te midde van ’n aanhoudende droogte. Alhoewel die regering boorgate geboor en reservoirs gebou het om watertekorte aan te spreek, word meesal net soutwater raakgeboor, wat ‘n groot uitdaging is vir huishoudelike en vee-verbruik. Die goewerneur van Kunene, Marius Sheya, hoop dat ontsoutingsaanlegte die probleem sal oplos. Ontsoutingsaanlegte sal tussen 35 en 40 huishoudings in hierdie spesifieke area bystaan, waar inwoners ook klein groentetuine vir selfvoorsiening op die been wil bring. Sheya sê twee watertenkers versprei daagliks skoon drinkwater.