Amerika teiken Al-Sjabaab met sanksies

Die Amerikaanse tesourie het sanksies ingestel teen 16 individue en entiteite in die Horing van Afrika én die Midde-Ooste, wat hulle beskuldig van geldwassery vir die Al-Sjabaab Islamitiese militante groep. Die tesourie sê die “uitgebreide sakenetwerk” is deel van ‘n internasionale fondsinsamelings- en geldwassery-web vir die Al-Kaïda-verwante groep wat aktief is in Somalië. Die geteikende entiteite sluit in, die Dubai-gebaseerde finasieël-tegnologiese maatskappy, Haleel Commodities LLC, met takke en filiale in Kenia, Somalië, Uganda en Ciprus. Amerika het ook sanksies ingestel teen ’n Keniaanse busmaatskappy wat Al-Sjabaab se logistiek ondersteun het.