Dis Arsenal en Porto in Kampioeneliga-stryd
Sokker: Arsenal sal vir die eerste keer in 16 jaar probeer om die Kampioeneliga-kwarteindronde te haal wanneer hulle vanaand in Londen teen Porto uitdraf. Die Gunners moet ‘n eendoel-agterstand oorkom, nadat hulle in die eerste ronde in Portugal een-nul verloor het. Die bestuurder van Arsenal, Mikel Arteta, sê die tuisskare gaan ‘n groot rol speel.