Skip met humanitêre hulp vir Gaza vertrek uit Ciprus

’n Skip met 200 ton humanitêre hulp vir die Palestyne in die oorloggeteisterde Gaza het uit Ciprus vertrek. Die sleepboot en barg het vanoggend vertrek. Dit is die eerste besending wat langs ‘n maritieme korridor vanaf Ciprus gestuur word, en is bedoel vir die desperate Palestynse burgerlikes in Gaza. Met die klein volume hulp wat Gaza per land binnekom sedert die gewapende konflik, en hongersnood wat dreig, het buitelandse regerings hulle tot hulp gewend wat uit die lug afgegooi word. Hulle probeer nou ook om ‘n maritieme hulpkorridor te skep.