Namibië oes vyf medaljes by Afrika-spele

Die Namibiese span het reeds vyf medaljes by die Afrika-spele in Ghana verower, en die land is tans 11de op die medalje-lys. Namibië het sover een goue medalje, twee silwer medaljes en twee brons. Die meeste van die medaljes is in die swem-kompetisie gewen, wat eerste by die spele afgehandel word. Die goue medalje is deur Ronan Wantenaar in die mans 100m borsslag gewen. Wantenaar het ook silwer gewen in die 200m borsslag, terwyl Alexander Skinner ‘n silwermedalje losgeswem het in die 100m vryslag. Jessica Humphrey het ‘n bronsmedalje gekry in die vroue 200m borsslag, terwyl Ester Abraham ‘n brons gewen het in die vroue vryslag stoei-kompetisie.