Kolisi se posisie as Bok-kaptein nie seker – Rassie
Rugby: Die Springbokke kry dalk ‘n nuwe kaptein. Die hoofafrigter, Rassie Erasmus sê, hoewel Siya Kolisi uitstekende rugby vir Racing 92 in Frankryk speel en vir vanjaar se toetse oorweeg sal word, sal hy van die ouer spelers in die opbou na die volgende Wêreldbeker uitfaseer. Agtien van die Bokke wat verlede jaar se Wêreldbeker in Frankryk gewen het, is ouer as 30, met Kolisi wat nou 32 is. Erasmus sê hy verkies ook dat sy kaptein in Suid-Afrika speel om beter interaksie moontlik te maak.