Waar sal ons mielies vandaan kom?
Akkerbouers in die mieliedriehoek verwag om vanjaar net sowat 20 000 metrieke ton mielies te oes, aansienlik minder as verlede jaar se 65 000 ton en die vorige jaar se rekordoes van sowat 95 000 ton. Namibië verbruik ongeveer 150 000 ton mielies maar dit blyk asof ons tradisioenele invoerlande ook swaarkry. Dinge in Zambië uiters swak met ‘n noodtoestand wat verklaar is in verband met droogte en Botswana vaar nie veel beter nie. In Zimbabwe sal daar ook nood wees soos ekonoom Eddie Cross verduidelik…
In Suid-Afrika is daar ook kommer. Johan Kotze van AgriSA het dit so verwoord…