Israel se Eurovision lied se lirieke aangepas

Israel het sy inskrywing vir die Eurovision-liedjiekompetisie aangepas nadat die oorspronklike weergawe beskou is as vol politieke ondertone. Eden Goland sal die nuwe weergawe sing, met die naam Hurricane, wat aangepas is van die oorskronklike liedjie, October Rain, wat glo verwys het na die aanvalle van 7 Oktober. Daar word berig die liedjie vertel nou die storie van ‘n vrou wat ‘n persoonlike krisis beleef. Israel se staatsuitsaaier, Kan, is gedwing om die lirieke te heroorweeg om die land se deelname te verseker. Die kompetisie vind in Mei plaas.