Lugdiensvlieëniers is geskors nadat albei vir byna 30 minute aan die slaap geraak het

Die Airbus A320 het van sy vlugpad afgewyk, maar veilig geland, met al 153 passasiers en bemanningslede ongedeerd.

Die vervoerministerie berig ongeveer ‘n halfuur ná opstyging, het die 32-jarige vlieënier sy medevlieënier aangesê om beheer oor die vliegtuig te neem en gesê hy moet rus.

Die 28-jarige medevlieënier het ingestem, maar het self by die kontroles aan die slaap geraak.  Luidens die berig het sy vrou geboorte geskenk aan ’n tweeling en het hy met kindersorg gehelp.  Hy het gevolglik met slaap gesukkel.

Jakarta-lugverkeerbeheer het verskeie kere probeer om die kajuit van die Batik Air A320 te kontak, maar het geen reaksie gekry nie.

Ná 28 minute se radiostilte het die senior vlieënier wakker geword en besef sy medevlieënier het ook aan die slaap geraak. Hy het ook gevind dat die vliegtuig kortstondig van koers af gedraai het.

Owerhede het Batik Air “sterk berispe” oor die voorval, met M. Kristi Endah Murni, Indonesië se hoof van lugvervoer, wat gesê het Batik Air moet meer aandag gee aan sy bemanning se rustyd.

Foto: Verskaf