Nam behaal 5de uit top-10 Afrika-beleggingsbestemmings
Namibië se stabiele politieke klimaat word gewoonlik gesien as ‘n aanduiding van beleggingsgeleenthede. Namibië is deur ‘n toonaangewende sosiale media webtuiste, Africa Facts Zone, aangewys as vyfde in sy lys van Afrikalande wat ‘n gesonde beleggings omgewing het. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê Namibië was lank voor die ontdekking van olie en groen energie al ‘n goeie land om in te belê.