Waar is Zambezi se internasionale betrekkinge kantoor?

Die Namibian Lives Matter-beweging wag steeds dat ‘n kantoor vir internasionale betrekkinge in die Zambezi-streek geopen word. Dit is volgens Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging, wat aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n opdatering van hul aktiwiteite gegee het. Die beweging het hulle sterk beywer vir geregtigheid vir Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo, en hul neef Sinvula Muyeme, wat op 5 November 2020 deur lede van die Botswana Weermag langs die Choberivier vermoor is. Hulle beywer hulle ook vir die lewens van Namibiërs wat naby die Zambezi-streek se grense woon.