Tiener Oliver Bearman wys hy’s reg vir F1

Motorsport: Die Britse tiener Oliver Bearman sê daar is nie veel wat hy nog kan doen om te bewys hy is gereed vir ‘n voltydse posisie in Formule Een nie. Dit volg op sy droom-debuut in die Saoedi-Arabiese Grand Prix toe hy die siek Ferrari-jaer Carlos Sainz moes vervang, en sewende geëindig het. Max Verstappen en Sergio Perez het in die eerste twee plekke geëindig, gevolg deur Charles Leclerc van Ferrari. Bearman was in vervoering om in sy heel eerste wedren punte aan te teken.