SA bestee miljoene op geskorste direkteurs-generaal

Die Suid-Afrikaanse regering het die afgelope paar jaar meer as 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan direkteurs-generaal wat met volle betaling geskors is. Dit het aan die lig gekom in ʼn geskrewe antwoord van die presidensie op ʼn DA-vraag in die parlement. Die direkteurs-generaal word onder meer ondersoek weens bewerings van wangedrag in die 2020/2021- en 2022/2023-boekjaar. Die direkteur-generaal van Verdediging en Militêre Veterane, Irene Mpolweni, is sedert Maart verlede jaar geskors. Mimmy Gondwe van die DA sê dis kommerwekkend.