Boubedryf-vertroue-indeks in SA val skerp

FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing se Boubedryf-vertroue-indeks in die buurland het in die eerste kwartaal van 2024 met 16-punte geval tot ‘n vlak van 27. In die vierde kwartaal van 2023 het dit ‘n agt-jaar hoogtepunt bereik. Dit verteenwoordig die gesamentlike laagste vlak sedert middel-2020. Volgens FNB het vertroue gedaal in verskeie subsektore, met argitekte wat ‘n aansienlike afname beleef het. Hoof-kontrakteurs en bourekenaars het ‘n effense oplewing beleef, maar het steeds onderpresteer te midde van uitdagings soos onvoldoende vraag en ‘n tekort aan geskoolde arbeid.