Brave Warriors soek hul CAF-miljoene

Senior Brave Warriors-spelers eis dat die 15 miljoen Namibiese dollar wat na bewering deur CAF aan die Namibiese Sokkervereniging betaal is, gelykop tussen die spelers en tegniese personeel verdeel word. Die betaling was vir die span se vordering in die Afrikabeker-sokkertoernooi. Daar word egter bespiegel dat die sokkervereniging van die geld vir infrastruktuur wil gebruik. Die spelers sê egter dat die geld aan hulle behoort en hulle wil ‘n groter deel van die meevaller hê.