Okahandja beplan strategies vir volgende 5 jaar
Die Okahandja-munisipaliteit het ‘n vyf-jaar strategiese plan van stapel gestuur in ‘n poging om die lewens van inwoners te verbeter. Die sogenaamde tuindorp gaan die afgelope paar jaar gebuk onder erge uitdagings. Die strategiese plan het ten doel om basiese en bekostigbare dienste aan inwoners te verskaf, en die lewering van grond en behuising sowel as watervoorsiening te versnel. Die plan sluit in dat 5 000 gesinne verblyfsekerheid verleen sal word, terwyl 705 gesinne erwe sal ontvang. Daarbenewens sal dit ook infrastruktuur en institusionele ontwikkeling meebring. Beatrice Kotungondo, burgemeester van Okahandja, het meer inligting.