Azapo wil op 29 Mei ‘n indruk maak
Die sentrale komitee van die Azanian People’s Organisation sê die party is vasberade én vasbeslote om ‘n sukses te maak van die komende verkiesing op 29 Mei. Die party sal sy verkiesingsmanifes op 24 Maart in Bekkersdal aan die Wes-Rand in Gauteng bekend stel. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê hul verkiesingsveldtog-program is reeds aan die gang en fokus op die belangrikheid van die doeltreffende gebruik van die mag van ‘n stem: