Enrico sê dankie, en dit gaan elke dag beter

Die voormalige burgemeester van Rehoboth, Enrico Junius, sê dit gaan met hom baie goed en hy herstel daagliks meer. Dit kom na hy erge brandwonde in September 2022 opgedoen het. Junius sê hy oorweeg weer openbare diens, maar, eers later, en bedank die Namibiese gemeenskap vir hulle ondersteuning.