NamWater loods vier groot, belangrike projekte
NamWater blyk om baie besig te wees. Die nutsmaatskappy het vier konsultasie-kontrakte toegeken. Die eerste, ter waarde van 8,9 miljoen Namibiese dollar is vir langtermyn watervoorsiening aan die sentrale gebied van die Okavango-rivier, ontsouting, en die drie suidelike damme. ‘n Kontrak ter waarde van 1,6 miljoen dollar vir ‘n meesterplan vir watervoorsiening aan die sentrale noorde is ook toegeken sowel as 4 miljoen dollar vir die assessering van die Hardap-besproeiingskema. Laastens is 2,6 miljoen dollar se konsultasie vir die chlorering van Von Bachdam.